Select Page

Frans Karoo is terug met sy nuuste snit ‘Towerkop’

Kyk die lirieke video vir ‘ Towerkop’ HIER

Luister na ‘ Towerkop’ HIER

Frans Karoo onthul sy derde Afrikaanse vrystelling met sy volgende enkelsnit ‘Towerkop’ wat verder opbou tot die vrystelling van sy debuut Afrikaanse album in Januarie 2023.

Frans, wat naam gemaak het as die frontman van Blues Rock-groepe Jet Black Camaro en Gunshot Blue, het sy solo- Afrikaanse musiekloopbaan met die vrystelling van sy debuut-enkelsnit ‘O God‘ in Junie vanjaar bekendgestel. Hy het dit opgevolg met die tweede enkelsnit ’Die Breils’ en stel vandag sy nuutste snit ‘Towerkop’ vry.

Kyk die lirieke video vir ‘ Towerkop’ HIER

Hunter Kennedy is geen vreemdeling in die Afrikaanse Rock mark nie en is bekend as ‘n liedjie skrywer en musikant vir groot bands soos Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties en aKing. Hunter gesels oor Frans en sy snit en sê Frans is n Boere Shaman. Hy maai gedagtes uit n alternatiewe geskiedenis. Hy verdraai die Karoo horison tot n sinister magiese landskap. Towerkop is n spaghetti western verhaal van n man wat sy einde vind in die arms van n dame van die nag.

Wat kan lusiteraars verwag van Frans se debut album af? Frans, in sy eie unieke manier sê “Liefde in die wingerd. Bloed, sweet en trane. Ontdekkingsreise. Druiwe pars. Dans op ‘n Saterdagaand. Rituele, Stofpaaie. Skemer. Tuiskoms. Kampvuur. Druiweoes. Dronk op Groot Marico. Maanlig. Deeg kniel. Boekevat. Kerse. Fakkellig. Verskroeide aarde. Hartseer. Voorouers. Rou. Totsiens sê. Berge. Dorings. Riviere. Swem. Perde. Krale. Natuur. Wen. Donker. Dominee. Kerk. Verloor. Romanties. Hofmaak. Verlief. Bekoor. Seëninge. Senings. Magiese oomblikke. Die onsigbare. Spoke. Strate van die nag. Mynwerkers. God. Ontvlugting. Bot.”

Luister na ‘ Towerkop’ HIER

Volg Frans Karoo op Sosiale Media: