Select Page

Frans Karoo onthul sy tweede solo-enkelsnit ‘Die Breils’

MEDIA VRYSTELLING: Woensdag 14 September 2022

Frans Karoo onthul sy sophomore Afrikaanse vrystelling met sy volgende enkelsnit ‘Die Breils’ wat opbou tot die vrystelling van sy debuut Afrikaanse album.

Frans, wat naam gemaak het as die voorman van Blues Rock-groepe Jet Black Camaro en Gunshot Blue, het sy solo- Afrikaanse musiekloopbaan met die vrystelling van sy debuut-enkelsnit ‘O God‘ in Junie vanjaar bekendgestel. Hy stel vry sy volgende enkelsnit ‘Die Breils’ en begin opbou aan die vrystelling van sy debuutalbum, wat vroeg in 2023 verwag word.

Is daar iemand wat die arm man se gebede hoor? Ek sal nie weet nie. Maar ek hoor Frans Karoo. Loud and clear. En ek sê: AMEN en AWEH!

Johan Botha skilder ‘n prentjie van die klank en omstrede tema van die liedjie terwyl hy na ‘Die Breils’ luister, en sê “Die kitare tref jou eerste, Johnny Cash hier kom ons. Dan klap die hande en Frans meen daar’s moeilikheid. Nou skielik voel dit Gospel. Die instrumente hou net aan, hou net vas, f*k net voort. Dan maak Frans se woorde ‘n omdraai in die tweede chorus en dan besef jy hoekom , waar daar donkerte is deur weg te kruip is daar donkerte nou daar buite ook. Ek verstaan nie mooi nie – dis die sleutel sin van die lied. Frans verras ons aan die einde met ‘n storie wat bittermin mense mooi sal verstaan. Frans gooi nie judgement, hy wys dit bloot uit – presies hoe oopkop (of nie) is die kerk in ons tyd. Die song is hande klap met ‘n aansteeklike saamsing chorus. Die koëel is deur die kerk, word wakker. * bylas…Frans sing ironies en effe mokkend maar hy sing opreg, vanuit die kennis van ‘n diepsloot. “

Stroom/Download ‘Die Breils’ HIER

Volg Frans Karoo op sosiale media:

EINDE.

Vir meer informasie en onderhoude, tree asb in kontak met:

Melissa Conradie Agency – Publisiteit

Melissa Conradie – melissa@melissaconradie.co.za / 083 601 0487