Select Page

Wie is Frans Karoo?

MEDIA VRYSTELLING: Woensdag 15 Junie 2022

Frans Karoo stel sy debuut snit ‘O God’ vandag, 15 Junie, vry deur Gallo Record Company en dis ‘n snit wat almal net moet hoor!

Skrywer, Gerard Rudolph, vat ‘n virtual ‘pen tot papier’ en delf in die ongelooflike vrystelling:

Ek luister na O God, Frans Karoo se single op repeat terwyl ek hier skryf. En ek dink: Fok Frans Karoo.

Hy is die kunstenaar wie ek nog altyd wou wees; digter, musikant, sanger, skrywer, swerwer, fotograaf, filmmaker, denker én ‘n bonafide rock star. Hy is cool sonder om te probeer cool wees, kan ‘n hoed en ‘n suit af-pull soos niemand anders nie. Hy het ‘n tattoo op sy gesig, FFS!

Die wat weet ken Frans Karoo van bands soos Jet Black Camaro en Gunshot Blue. Maar dis geskiedenis. Kom ons fokus op die hier en nou:

O God is Frans Karoo se debuut snit in afrikaans. Dis moeilik om nie verlief te raak daarop nie. Frans se stem is lui, asof hy nie wil sing nie maar eerder wil praat, amper asof hy Bob Dylan channel en musiek wat my aan Mott The Hoople laat dink (daar verloor ek nou die millennials). Maar dis geensins uit die oudedoos nie.

O God is warm mieliepap met chakalaka – eenvoudig maar met ‘n edge, soos goeie rock ‘n roll is, en nog altyd was. Dis musiek vir road trips. Dis musiek wat jou dwing om te luister na die lirieke terwyl jou voet die maat hou op die mat. Maar jy moet mooi luister. Al klink die liedjie met die eerste luister heel onskuldig, self up-beat, kom jy gou agter dat dit eintlik ‘n donker siel het.

O God is ‘n lament, ‘n rock ‘n roll gebed vir die onsigbare manne en vroue in ons samelewing wat in ons myne swoeg en ons vloere skrop.  Dit gaan oor ons kunstenaars wat hulle alles gee en steeds nêrens kom nie. Daar word oor en oor gevra: “Is daar iemand wat die arm man se gebede hoor?” Frans Karoo gee nie ‘n antwoord hierop nie. Wat hy wel vir ons gee is ‘n bitter pilletjie toegedraai in ‘n meesterlike liedjie, ‘n hele wêreld in net meer as 3 minute.

En as jy nog nie oortuig is dat Frans Karoo een van ons volkie se mees oorspronklike en unieke kunstenaars is nie, check die video wat Frans Karoo self gemaak het en jy sal verstaan hoekom ek so donners jaloers is.

Is daar iemand wat die arm man se gebede hoor? Ek sal nie weet nie. Maar ek hoor Frans Karoo. Loud and clear. En ek sê: AMEN en AWEH!

Stroom/Download ‘O God’ HIER

Volg Frans Karoo op sosiale media:

EINDE.

Vir meer informasie en onderhoude, tree asb in kontak met:

Melissa Conradie Agency – Publisiteit

Melissa Conradie – melissa@melissaconradie.co.za / 083 601 0487